Загрузка страницы

Speletjie

Vroeg-oggend lig spoel in by my deur; ek dink dadelik aan jou
Sal ek jou bel of ‘n email stuur? Ek Whatsapp jou maar gou
Spring deur die stort en spring aan die werk en kyk vir ‘n reply
My telefoon is stil soos die graf…en angs wag om die draai

Die liefde is ‘n speletjie: ek gooi die bal vir jou
En wanneer die bal nie terugkom nie is die speletjie maar flou

Die dag gaan sy gang, soveel om te doen, jou stilte kou en knaag
Is jy te besig? Dink jy aan my? My goeie bui vervaag
Wanneer die son sak is ek ‘n wrak – my selfbeeld op die vloer
Ek eindig op soos ‘n zombie wat net vir ‘n selfoon loer

Elfuur die nag is ek desperaat om te drink van jou fontein
Ek skakel my foon aan, soek jou op en sien jy is aanlyn
My hart in my keel, my palms nat, sit ek die foon maar af
Jy’t dalk ‘n ander liefde gevind. My hart roer in sy graf

Видео Speletjie канала Emile Minnie
Показать
Комментарии отсутствуют
Введите заголовок:

Введите адрес ссылки:

Введите адрес видео с YouTube:

Зарегистрируйтесь или войдите с
Информация о видео
12 декабря 2022 г. 12:47:18
00:02:05
Яндекс.Метрика