Загрузка страницы

Emile Minnie: Nuwe blaadjie

Album: Donker Liefde

En so het dit gekom dat ek kaalvoet sit en skryf
Oor die doringpad geloop in dié tragiese bedryf
Van ‘n hart wat soek na liefde en in die donker gryp
En so strompel ek die duister in

Ons ontmoeting was so soet, jy was stroop en kremetart
Jou woorde was soos reën op my uitgedorde hart
Maar die soet word weldra bitter en die blydskap word die smart
En gevolglik is die vreugde min, en…

Hoe slaan ek ‘n nuwe blaadjie om?
Hoe maak ek my kop se stemme stom?
Hoe sê ek: “Dis die einde, laat ‘n nuwe liefde blom”?
Hoe slaan ek ‘n nuwe blaadjie om?

Die lente van ons liefde was ‘n lugballon wat sweef
Oor ‘n somerland van sonneblom wat net vir liefde leef
Die herfs se kleur het hartseer in die landskap ingeweef
Die winter is nou koud en leeg, en…

Nou’s ek elke dag afwagtend vir ‘n boodskappie van jou
Wat my terugnooi in jou arms, in jou warmte omvou
En elke nag gaan lê ek: ongenooid en ongetroud
My lewenslig begin verflou, en…

Видео Emile Minnie: Nuwe blaadjie канала Emile Minnie
Показать
Комментарии отсутствуют
Введите заголовок:

Введите адрес ссылки:

Введите адрес видео с YouTube:

Зарегистрируйтесь или войдите с
Информация о видео
11 июня 2015 г. 9:55:40
00:03:18
Яндекс.Метрика