Загрузка страницы

Ons het nooit

Jare lank was ek alleen
Toe ontmoet ek jou, en skielik was ons een
Ons tyd was kort – wat ‘n avontuur
So baie wat ons saam wou doen in elke geleende uur

Maar ons het nooit kaalvoet in die reën gaan stap nie
Mekaar se rûe gelê en krap nie
Saam gaan stap of saam gekook nie – jy moes altyd gaan
Ons het nooit saam die son sien opkom nie
Die maan oor die kim sien loskom nie
Te gou moes ons weer afskeid neem, en ek het alleen bly staan

Soos swaeltjies wat altyd huiswaarts keer
Het ons harte mekaar gevind, altyd weer en weer
Seisoene draai en tyd stap aan
Van die begin af het ons geweet dat jy eendag sou moes gaan

Nou’s als verby, ek’s weer alleen
Ouer en heelwat wyser kyk ek oor my lewe heen
Wat lê voor? Wie kan raai?
Dalk hoor ek eendag weer jou stem, sien ek jou om die draai

Sal ons dan kaalvoet in die reën gaan stap,
mekaar se ruggies lê en krap?
Saam gaan stap en lekker kook – sal jy by my bly?
Sal ons dan saam die son se strale vang,
die maanlig wat oor Leeukop hang?
Sal jy by my staan deur dik en dun,
vir ewig aan my sy?

Jare lank was ek alleen
Toe ontmoet ek jou
En nou’s ek weer alleen

Видео Ons het nooit канала Emile Minnie
Показать
Комментарии отсутствуют
Введите заголовок:

Введите адрес ссылки:

Введите адрес видео с YouTube:

Зарегистрируйтесь или войдите с
Информация о видео
12 декабря 2022 г. 12:45:09
00:03:14
Яндекс.Метрика