Загрузка страницы

Sal jy by my bly

En Lionel Richie het gejazz en Whitney het ge-“croon”
En Barbra het gesing van ‘n “lazy afternoon”
Die sonlig op die water het ge-eggo in jou oë
Die seuntjie binne my kon sy geluk skaars glo
Dat die een in wie ek sin het ook vir my begeer
Datdie een vir wie ek dankbaar is ook vir my waardeer
En woorde was oorbodig; sinne onvanpas
Elke oomblik was vir ewig, die oomblikke wat was

En sal jy by my bly? Sal liefde voort kan gaan?

Die winkelsentrum aan die gons, ‘n miernes wat lawaai
Ek sit by ons gewone plek, toe kom jy om die draai
En skielik is dit stil: dis net ek en jy
Tortelduiwe koer en ‘n meermin swem verby
Ons praat soos twee beskaafdes; niemand sou kon raai
Dat ons droomverlore wegsink in ‘n liefdeskolk wat draai
Jou lippe teen my ore, jou hande op my lyf
Ons ken die ekstase van ons liefdesparadys

Видео Sal jy by my bly канала Emile Minnie
Показать
Комментарии отсутствуют
Введите заголовок:

Введите адрес ссылки:

Введите адрес видео с YouTube:

Зарегистрируйтесь или войдите с
Информация о видео
12 декабря 2022 г. 12:46:20
00:04:02
Яндекс.Метрика