Загрузка страницы

Miempie

Miempie woon in Bettiesbaai
Van buite lyk haar lewe saai
Miempie werk in die poskantoor
Sy perm haar hare tuis, sy bly langs ‘n tehuis, en sing saans in die koor

Miempie het ‘n groot geheim
Saans agter ‘n gordyn dans Miempie met ‘n Black&Decker boor
En soos haar krulle skud word sy wêreldwyd aanbid deur ‘n internet-gehoor

Jy mag dink sy’s plain, maar sy’s ‘n internet-sensasie met ‘n claim to fame
Stille waters, diepe grond, ons dink ons ken mekaar, maar onder draai die duiwel rond

Een aand staan die koorleier voor die deur
Miempie is lanklaas by die koor bespeur
Miempie nooi hom in van agter die gordyn
En die boor word toe vervang deur ‘n soete samesang, en die twee is nou aanlyn

Jy mag dink sy’s plain, maar sy’s ‘n internet-sensasie met ‘n claim to fame
Stille waters, diepe grond, ons dink ons ken mekaar, maar onder draai die duiwel rond

Ons oordeel soms so maklik aan wat die oog kan sien
Wie die kat knyp in die donker, doen dit klandestien

Видео Miempie канала Emile Minnie
Показать
Комментарии отсутствуют
Введите заголовок:

Введите адрес ссылки:

Введите адрес видео с YouTube:

Зарегистрируйтесь или войдите с
Информация о видео
11 января 2023 г. 15:14:32
00:04:35
Яндекс.Метрика