Загрузка страницы

Prediker 3

Daar’s ‘n regte tyd vir elke ding, en alles het sy plek
Om gebore te word en om te sterf, om te plant en uit te trek
Om siek te wees en gesond te raak, om af te breek en te bou
‘n Tyd om te huil, ‘n tyd om te lag, tyd vir dans en tyd vir rou

Die beste vir ‘n mens is om vrolik te wees
En die goeie te geniet terwyl jy lewe
Die lewe is ‘n wiel en mense is ‘n spieël
Maak die meeste van jouself en hou aan strewe

Daar’s ‘n tyd om goeters weg te gooi en bymekaar te maak
Om iemand te druk en te omhels, en ‘n tyd om dit te staak
Om verlore goed te soek en te vind, en ‘n tyd om te laat gaan
Alles het ‘n plek en ‘n tyd in ons tydelike bestaan

Die beste vir ‘n mens is om vrolik te wees
En die goeie te geniet terwyl jy lewe
Die lewe is ‘n wiel en mense is ‘n spieël
Maak die meeste van jouself en hou aan strewe

Daar’s ‘n tyd om te skeur en vas te werk
Tyd vir liefde en haat
Tyd om oorlog en vrede te maak
Om stil te bly...en te praat

Die beste vir ‘n mens is om vrolik te wees
En die goeie te geniet terwyl jy lewe
Die lewe is ‘n wiel en mense is ‘n spieël
Maak die meeste van jouself en hou aan strewe

Видео Prediker 3 канала Emile Minnie
Показать
Комментарии отсутствуют
Введите заголовок:

Введите адрес ссылки:

Введите адрес видео с YouTube:

Зарегистрируйтесь или войдите с
Информация о видео
11 января 2023 г. 15:21:05
00:02:49
Яндекс.Метрика