Загрузка страницы

Is ek happy?

Ek het als wat ‘n mens ooit kan begeer
‘n Kar en ‘n huis en ek het studeer
My lyf is gesond, vol lewenskrag
En ek slaap soos ‘n baba elke nag

My familie het my innig lief
Daar’s min dinge wat my regtig grief
Daar’s iets in die bank, ‘n belegging of twee
Ek is selfs op ‘n waglys om af te tree

Ek is happy

Vroeër het ek gedroom van sukses en roem
Daai droom het vervaag soos drome doen
Nou dwaal ek rond in ‘n niemandsland
En ek blaai deur ‘n boek wat my vingers verbrand

Ek is iewers in die helfte van 80 jaar
En die drif van vroeër het genadiglik bedaar
Maar ek stamp nog my kop op dieselfde plek
Ek loop my vas teen ‘n muur sonder ‘n hek

Maar ek is happy

Dit voel of die lewe my vir ewig ontwyk
As ek stoksielalleen oor die afgrond kyk
En ek sien hoe my vreugde verdwyn in die niet
En ek voel hoe die sterre in my oë verskiet

Om my lyk almal so gelukkig en heel
Of speel hulle maar net goed toneel?
Loop jý ook rond met ‘n donker vrag
Wat aand na aand by jou voordeur wag?

Is jy happy?

Видео Is ek happy? канала Emile Minnie
Показать
Комментарии отсутствуют
Введите заголовок:

Введите адрес ссылки:

Введите адрес видео с YouTube:

Зарегистрируйтесь или войдите с
Информация о видео
11 января 2023 г. 15:08:51
00:03:21
Яндекс.Метрика