Загрузка страницы

Forum Nuus: AfriForum se Kaapstad-Noord-tak bevorder selfstandigheid 18-08-2022

AfriForum se Kaapstad-Noord-tak het verskeie projekte aangepak waarmee hulle selfstandigheid help bevorder sodat gemeenskappe self hulle toekoms in hul eie hande kan neem. Dié tak het onder meer vrugtebome en watertenks aan die Paarl Skool in Brackenfell en aan Jesus in Aksie by die Brackenfell-treinstasie geskenk.

Die Paarl Skool is ’n skool vir kinders wat serebraal of fisies gestremd is of ’n spesifieke leergestremdheid het. Volgens Stoffel Kruger, hoof van die skool, is daar ongeveer 150 personeellede en die 330 leerders wat van die Skiereiland tot sovêr as Wellington, Gordonsbaai en Sir Lowry’s Pas afkomstig is. Die AfriForum-tak het buiten die vrugtebome en watertenk ook die speelapparate by die skool herstel en skenkings gemaak vir die skool se groentetuin.

20 vrugtebome is vir die groentetuin by die Brackenfell-treinstasie geskenk en die tak het ook twee waterpompe geskenk sodat die tuin vanuit die tenks natgelei kan word. Hierdie projek by die stasie word gebruik om haweloses en minderbevoorregtes van kos te voorsien en kerkdienste word ook twee keer per week by dié stasie gehou.

Видео Forum Nuus: AfriForum se Kaapstad-Noord-tak bevorder selfstandigheid 18-08-2022 канала AfriForum
Показать
Комментарии отсутствуют
Введите заголовок:

Введите адрес ссылки:

Введите адрес видео с YouTube:

Зарегистрируйтесь или войдите с
Информация о видео
18 августа 2022 г. 17:35:28
00:04:05
Яндекс.Метрика