Загрузка страницы

Spoegwolf - Elektriese Kind EP (Luister Sessie)

© Spoegwolf 2014
Elektriese Kind (EP) is by die iTunes store beskikbaar.

1.) Elektriese Kind (00:00)
2.) Nagmuskiet (3:04)
3.) Geheimpie (6:51)
4.) Agtersitplek (11:12)

Spoegwolf is:
Danie du Toit (Vocals, Kitaar)
Chris von Wielligh (Kitaar, Klavier)
Albert van der Merwe (Bass, Vocals)
Moskou du Toit (Dromme, Vocals)
-------------------

Lirieke:

1.) Elektriese kind

elektriese kind, ek is brawer as wat jy dink
ek het dan saam my broers geloop tot by
die verste punt
dit was baie naby aan jou
die winde kan my waai
hel ek sweer ek sal hier lê
geen watertong sal my kan sluk nie
geen wederkoms kan my ruk nie
nie as jy hier langs my sit nie
sit jy net daai vinger elke nou en dan op
my voorkop
jy kan die kersfeesliggies deur my oë klop
ja, jy kan my lewendig skok
elektriese kind, vir jou is ek nie bang nie
hierdie bibber hou nie lank nie
dis net die hakkel in my long
dit mag dalk lyk asof ek snik
ek verseker jou dis nie dit nie
2.) Nagmuskiet

jy klap die onsigbare nagmuskiet
soos die frons oor jou oë
frons oor jou voorkop skiet
jy sit so kruisbeen oor my werksetiek
soos die dag uit my greep en
dag uit my venster skiet
kyk daar oor die berge
kom die honde aan hul sluier
en hulle 'hoooe'
alles moet sterf
maar ek't ʼn gevoel in my dat ons vir altyd
in hierdie kamer kan bly
en as daai honde kom kan ons twee dalk
net 'hoooe'
3.) Geheimpie

kind, staan bietjie nader, ek is moeg vir die
kamer
die maan deur die venster lyk soos jy
maar ʼn klein bietjie kaler -- jy is dan straler
ag hoor hoe die koerkoer koer soos jy
ag hel, jy dra dan my krale, jou ketting
verhale
onthou jy die aand toe die nag wegsak
kniediep in die son, en ons maats oorstap
van die horison
dit winter nou
ag son, gaan skyn maar jou hart leeg
die stad sal hier weg-leeg
my huisie sal staan op die rand van haar lyf
weinig is beter hier in haar planete
so stadig so stil kan jy maar dryf
4.) Agtersitplek

kykie, kry jou jas
en sit die oond ook af
die stoep se lig kan brand
dis hoe dit altyd was
ja, jou vriende kan maar weet
los ʼn boodskap teen die deur
met daai foto van ons twee
daai valse glimlag breed
die boot is vol met wyn en beskuit
die lakens hang by die venster uit
die plante lek reg oor die agtersitplek
-----------------

Songs en Lirieke geskryf deur Danie du Toit.
Musikale verwerkings en produksie deur Spoegwolf.

Elektriese Kind is opgeneem tydens die somer van 2013 by Sunset Recording Studios, Stellenbosch met die hulp van Jürgen von Wechmar.
www.spoegwolf.com

Видео Spoegwolf - Elektriese Kind EP (Luister Sessie) канала Spoegwolf
Показать
Комментарии отсутствуют
Введите заголовок:

Введите адрес ссылки:

Введите адрес видео с YouTube:

Зарегистрируйтесь или войдите с
Информация о видео
5 мая 2014 г. 3:18:03
00:15:05
Яндекс.Метрика