Загрузка страницы

Impulsief met Devin & Jan - Pilot episode

Impulsief met Devin en Jan is 'n hengel realiteitsreek waar hierdie twee manne na 'n lang week van werk in die kar klim en nuwe hengel plekke gaan soek, met die oog daarop om groot visse te vang, nuwe interessante mense te ontmoet en impulsiewe avonture te neem.

Omdat hulle die reis so impulsief aanpak, is kos die laaste ding op hulle brein (siende dat daar geen vrouens saam gaan om kosblikke te pak nie). Hierdie lei tot slaap onder die sterre langs die damme en n soektog na nuwe maniere om kos te maak van enige iets eetbaar wat hulle in die hande kan kry.

Die dramatiese elemente van die program sluit in die feit dat hulle vir kos en drinkwater moet soek waarokal hulle opeindig, die groot visse wat hulle kan verloor, die gevare langs die damme van seekoeie tot die uitdagings wat natuur hulle kant toe kan gooi en hoe hulle dit hanteer. Soos met enige sport tussen vriende, is daar altyd 'n vriendelike kompetisie wat aangaan, en dit is presies so met Devin en Jan, elkeen glo hy is de beter hengelaar en maak seker die ander een weet dit.

Видео Impulsief met Devin & Jan - Pilot episode канала Ruan Kotze
Показать
Комментарии отсутствуют
Введите заголовок:

Введите адрес ссылки:

Введите адрес видео с YouTube:

Зарегистрируйтесь или войдите с
Информация о видео
24 октября 2016 г. 11:13:40
00:23:25
Яндекс.Метрика