Загрузка страницы

04 PLAASVEILIGHEID: WAT GEBEUR TYDENS 'N AANVAL?

04 WAT GEBEUR TYDENS ‘N PLAAS AANVAL?

Welkom by die vierde video oor plaasveiligheid en die voorkoming van plaas aanvalle en plaas moo Ons gaan in hierdie deel fokus op dit wat tydens aanvalle gebeur. Kyk gerus na die vorige video oor aanval taktiek.

Die doel van hierdie video is NIE om bewustheid ten opsigte van die gruwels wat gebeur tydens aanvalle te verhoog by die algemene publiek nie. Slagoffers se persoonlike weergawes tel baie meer. Organisasies soos Afriforum doen baie goeie werk in hierdie area. Die doel van hierdie video is spesifiek om na inligting en ooreenkomste in aanvalle te kyk om in verdere videos veiligheids beplanning te doen.

Daar is 4 algemene fases in aanval: Kies ‘n teiken, beplan die aanval, doen die aanval, vlug. In hierdie video kyk ons na Fases 3 en 4 (aanval en vlug).

Fase 3: Die aanval
Video 3 wys dat aanvalle in Fases 1 en 2 beplan word en dat aanvallers op ‘n taktiek besluit. Tydens Fase 3 stel hulle die plan in werking.

Inisiëring
Dit is vanselfsprekend dat die taktiek bepaal hoe die aanval begin word. As aanvallers byvoorbeeld besluit om die huis te kies as plek van die aanval en die metode as inbreek terwyl mense slaap, begin hulle die aanval op die gekose manier.

Verloop
Soms verloop alles volgens plan vir aanvallers, soms loop dinge skeef. In enkele aanvalle wat bestudeer is het boere agtergekom ‘n aanval begin en kon skiet of hulp ontbied voor die aanval. Party aanvalle het gevorder tot by geweld, en boere het teruggeveg of hulp gekry voor ‘n aanval ten volle deurgevoer is. Soms slaag aanvallers egter daarin om ‘n hulle taktiek vinnig te verander - byvoorbeeld as ‘n boer uitkom om ondersoek in te stel as hy iets hoor en hy is nie gewapen nie, oorval hulle hom en hoef nie in te breek nie.

Wanneer alles glad verloop vir die aanvallers vorder die aanval tot by ‘n punt waar sommige slagoffers vermoor, beseer of verkrag word .


Geweld
 Tydens huis en werf aanvalle word slagoffers se hande meestal agter hulle rug vasgemaak net na hulle oorval is. Aanvallers gebruik enige iets van binddraad af tot dasse, skoenveters en elektiese koorde.
 Slagoffers word amper sonder uitsondering geslaan en soms geskop ongeag waar die aanval plaasvind.
 Plaasmense word in meestal tydens huis aanvalle gemartel. Kookwater, strykysters, messe en skerp voorwerpe is dikwels gebruik om mense te martel.
 Dit lyk asof daar ‘n baie groter kans is om geskiet te word tydens veld aanvalle as aanvalle by ander plekke
 Tydens aanvalle by hekke is boere meer as by ander aanvalle gekap met ‘n panga of gesteek met ‘n mes

Gevolge

In die konteks van al die aanvalle wat ontleed is, het moord, geweld wat ernstige beserings veroorsaak het en verkragting meestal by huisaanvalle gebeur, gevolg deur werf aanvalle.

Dit wil egter voorkom of daar ‘n baie groter kans is vir ‘n boer om tydens ‘n aanval in die veld te sterf (7/10) as in ander aanvalle

Wanneer
Inligting ingesamel in hierdie analise wys dat aanvalle meestal in die aand en vroee oggend plaasvind. Hierdie bevinding stem ooreen met statistiek wat op meer oorhoofse vlak uit meer aanvalle saamgestel word deur partye soos Afriforum en Toekomsvonk.
Die tyd van ‘n aanval hou direk verband met die swak plek in beskerming wat deur aanvallers raakgesien is.

Dit is opmerklik dat dit voorkom of daar ‘n verband is tussen die getal aanvallers in ‘n aanval en moorde. Waar aanvalle wat deur 1 tot 2 aanvallers uitgevoer is, is meer moorde per aanval gepleegas tydens aanvalle met 3 of meer aanvallers.
Fase 4: Ontsnapping
Wanneer aanvalle eindig, begin die ontsnap fase.
Aanvalle eindig wanneer:
 Aanvallers besluit hulle het soveel beloning uit die aanval gekry as wat hulle kon – dit kan tot 6 ure duur OF
 As ‘n slagoffer of werkers daarin kon slaag om iemand te kontak deur te bel of byvoorbeeld ‘n alarm of paniek knoppie te gebruik OF
 As een of meer slagoffers effektief terugbaklei tot so ‘n mate dat dit vir aanvallers ‘n risiko geword het om te bly

Aanvallers gebruik dikwels ‘n voertuig wat aan die slagoffers behoort om ‘n kort entjie te vlug – vermoedelik tot by ‘n punt waar iemand wag om hulle op te laai

Waar aanvallers onverhoeds deur die plaaswag, sekuriteit of polisie verras word, is die algemene taktiek om op te breek en in verskillende rigtings te vlug.

Dankie vir jou belangstelling.

VIDEOS IN DIE REEKS:

01 PLAASVEILIGHEID: WELKOM
https://youtu.be/YzcxZ-ng2ZM

02 PLAASVEILIGHEID: AANVALLERS (KEN JOU VYAND)
https://youtu.be/p3CNAaUxKi0

03 PLAASVEILIGHEID: AANVAL TAKTIEK
https://youtu.be/XBl6Df39MNg

04 PLAASVEILIGHEID: WAT GEBEUR TYDENS N AANVAL?
https://youtu.be/42Iiwp9-Hq8

05 PLAASVEILIGHEID: TEIKENS
https://youtu.be/AqK3sxYR2Iw

06 PLAASVEILIGHEID: GLAS SKUIFDEURE
https://youtu.be/f4F_OFZ1a0w

07 PLAASVEILIGHEID: UITKLOPGAS
https://youtu.be/wfPzh_zsTkQ

08 PLAASVEILIGHEID: VENSTERS
https://youtu.be/SiD4TyaP5wg

09 PLAASVEILIGHEID: DEURE
https://www.youtube.com/watch?v=BRo0RaVw0Jc

Видео 04 PLAASVEILIGHEID: WAT GEBEUR TYDENS 'N AANVAL? канала Sapper 1984
Показать
Комментарии отсутствуют
Введите заголовок:

Введите адрес ссылки:

Введите адрес видео с YouTube:

Зарегистрируйтесь или войдите с
Информация о видео
27 июля 2019 г. 10:02:10
00:07:11
Яндекс.Метрика